OOR ONS

Meyers Gastehuis is amptelik geopen in 2014 na Gerhard en Aleyda, beide Botswana burgers,’n geleentheid vir eksklusiewe akkommodasie in Jwaneng gesien het. Jwaneng is ‘n dorp geleë in die Suidelike Distrik van Botswana op die Sir Seretse Khama (Trans Kalahari Hoofweg) wat Suid-Afrika met beide Nambia en die Okavango Delta verbind. Die dorp is gestig rondom die Jwaneng-diamantmyn wat as die rykste in die wereld beskou word as gevolg van die hoeveelheid hoë kwaliteit diamante wat gelewer word.

OORSIG VAN ONS GASTEHUIS

Die inspirasie van die gastehuis is Botswana, die hartklop van beide Gerhard en Aleyda, in so mate dat die kamer dekor die wapen van Botswana uitbeeld. Die Gastehuis bestaan uit 8 luukse kamers elk met ‘n volle en-suite badkamer en lugversorging. Eetkamer fasiliteite op die perseel bied ‘n geakkrediteerde sjef in ‘n rustige eetkamer atmosfeer waar jy die beste van Botswana beesvleis kan proe !

Die hoë vlak van geriewe maak dit ‘n gesogte oornagplek en vooraf bespreking is noodsaaklik, omrede beide sake-en ontspanning reisigers Meyers’ Gastehuis as hulle tuiste weg van die huis af vind.

Elkeen van ons 8 luukse kamers bied komplimentêre WiFi, klein yskaste, koningin grootte beddens met ‘n hoë gehalte van linne, platskerm TV met DSTV, ketel, komplimentêre toiletware, wasgoed dienste, handdoeke en gebottelde water.

Warm ontbyt is ingesluit vir B & B gaste. Ander geriewe sluit in ‘n braaiplek en ‘n pub-styl kroeg. Middagete en aandete is à la carte maaltye.

Gratis en veilige op-die-perseel parkering is ook beskikbaar.

DIENSTE

  • Kroeg

  • Satelliet Televisie

  • Lughawe Oordrag

  • Buitenshuise Spyseniering

  • Wi-Fi

  • Restaurant

  • Lugversorgers

  • Internet Dienste

KONTAK ONS

BESPREKINGS NAVRAAG

Meyers Guesthouse

2474 Phofu Road

Unit 4

Jwaneng Botswana

-24.596712, 24.726374 (GPS Koördinate )

Meyersguesthouse@gmail.com

+267 588 0043 +267 72629372 Facebook

© Meyersguesthouse 2017